Jakaranda

Hierdie artikel handel oor die Jakarandaboom. Vir ander betekenisse, sien Jakaranda (dubbelsinnig).

Jakaranda
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Lamiales
Familie: Bignoniaceae
Genus: Jacaranda
Spesie:
J. mimosifolia
Binomiale naam
Jacaranda mimosifolia

Die Jakaranda (Jacaranda mimosifolia) is 'n sierboom wat uit die Andes van suidelike Bolivië en aanliggende Argentinië na verskillende wêreldstreke uitgevoer en dan genaturaliseer geraak het. Buite hul bakermat is hulle nou wydverspreid in oostelike Australië, Oos- en suidelike Afrika, Hawaii en die suidoostelike VSA.[2] Die boom word aangeplant as skaduboom en ook vir die laventelpers blomme wat dit in die lente dra wanneer die boom nog sonder blare is. In Suid-Afrika en Queensland, Australië, is dit amptelik as 'n indringerplant verklaar.[2]

Die bome word oor die algemeen tussen vyf en vyftien meter hoog. Die blare is dubbelveervormig en saamgesteld. Naas sierboom, het die boom ook medisinale waarde, wat onder andere teen Bacillus, Staphylococcus en Escherichia coli help.

  1. "Jacaranda mimosifolia information from NPGS/GRIN". www.ars-grin.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2009. Besoek op 9 Maart 2008.
  2. 2,0 2,1 Jacaranda mimosifolia (Jacaranda), BioNET-EAFRINET, Fact Sheet

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne